Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 4 DESEMBER 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

SARL EN OKOSA TEKEN MEMORANDUM VAN VERSTANDHOUDING

SARL DIGITALE KOMPETISIE

TESOURIER VERSLAG EN BEGROTING

HOË-TEGNOLOGIE AMATEUR RADIO BY DIE NARS

EN

SARL LÊ KOMMENTAAR VOOR OP TIPE GOEDKEURING


** Dinsdag 29 November was ‘n histories dag vir die SARL. Na jarelange besprekings met die Onafhanklike Kommunkikasie Owerheid, is ‘n memorandum van verstandhouding onderteken. Hierdie memorandum vervang ‘n baie ou memorandum wat uitgedateer is en reeds verval het. Die doel van die memorandum is om te bevestig hoe OKOSA en die SARL sal saamwerk om die volgende te bewerkstellig: koördineer en harmoniseer die uiteiking van amateurradio frekwensie spektrum lisensies in Suid Afrika; vestig ‘n raamwerk om die amateurradio eksamen (RAE) te bedryf; en koördineer aktiwiteite van wedersydse belang. Die memorandum van verstandhouding is deur die SARL President, Nico van Rensburg ZS6QL en OKOSA Raadslid, Peter Zimri onderteken.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie is op die lug vanmiddag vanaf 13:00 tot 16:00 UTC met RTD en PSK31 aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter. PSK31 word verkies aan die onderpunt van die gespesifiseerde frekwensies terwyl RTD verkies word aan die boonste gedeelte van die gespesifiseerde frekwensies. Neem asseblief kennis dat USB ten alle tye gebruik moet word. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Sien die 2016 Blouboek vir al die inligting.

Die Tien-Meter RTD Wedstryd het om 00:00 vanoggend begin en eindig om middernag UTC vanaand. D ie uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin, terwyl stasies in die VSA en Kanada 'n RST verslag en hul staat of provinsie sal gee. Besoek www.rttycontesting.com/ vir die reëls.

** Die ere tesourier, Shane Bailey het beplan om die geouditeerde state en begroting vir die finansiële jaar teen einde November 2016 vry te stel. Weens die uitgebreide aard van die finansiële oudit en die onlangse bevinding van moontlike bedrog en afgeleide fondse, het die Raad besluit om die vrystelling van die tesourier se verslag tot Januarie 2017 uit te stel.

** Laas Saterdag was dit hoë tegnologie amateur radio by die Nasionale Amateur Radio Sentrum toe Cor Rademeyer ZS6CR en Anton Janovsky ZR6AIC die Sagteware Gedefiniëerde Radio Werkswinkel aangebied het. Meer algemeen bekend as SDR, dit is ‘n sagteware tegniek om ‘n ontvanger en sender te skep. Tydens die werkswinkel wat twee videos ingesluit het wat die SDR konsep bekend gestel het, het die twee aanbieders ‘n twee meter tot 70cm FM herhaler geskep met ‘n dongel en Raspberry Pi. 37 Amateurs en elektronika entoesiaste het die werkswinkel bygewoon wat deur AMSAT SA, in samewerking met die SARL, aangebied is. ‘n Opvolg werkswinkel word beplan vir 18 Februarie wanneer Cor en Anton die afgevaardiges deur die stappe sal neem om ‘n satelliet ontvanger te skep met ‘n RTL dongel en sagteware. Die werkswinkel registrasiefooi sal ‘n dongel en geheuestokkie met die nodige sagteware insluit. Meer besonderhede sal gedurende die komende weke op die amsatsa.org.za webwerf beskikbaar wees.
Die verskeie aanbiedings en videos van die werkswinkel sal hierdie naweek op die www.amsatsa.org.za webwerf beskikbaar wees. Jy sal ook die skakels vanaf die www.sarl.org.za webwerf kan volg.

** Die SARL het aan OKOSA se versoek vir ‘n voorlegging aangaande tipe goedkeuring vrystelling vereistes vir kommunikasie toerusting voldoen. Die SARL dokument is 30 November, ‘n paar dae voor die sluitingsdatum soos in ‘n onlangse staats gazette gepubliseer, per e-pos aan OKOSA gestuur. Die dokument is beskikbaar op die SARL tuisblad.

** Die kort-pad somer sonstilstand voortplanting op 50 MHz begin in die Suidelike Halfrond rondom 8 Desember en hou gewoonlik aan tot 12 Januarie. Dit word jaarliks deur Australiese en Nieu-Seelandse BHF amateurs waargeneem wat gereeld Suid Amerika werk. Daar is geen rede waarom Suid Afrikaanse stasies nie ook hierdie stasies in die oggende tydens ons somer sonstilstand kan werk nie of selfs Argentinië of Brasilië in die laat middae. ‘n Japannese radio amateur Han Higasa, JE1MBJ, het lank gelede hierdie modus ontek tydens die Noordelike Halfrond somer sonstilstand in Junie. Hy het toe eers ‘n Europese TV stasie gehoor en later ‘n paar DX stasies op 50MHz gelykgolf gewerk. Luister uit vir somer sonstilstand voortplanting op die 50MHz DX kanale.

** Die 2017 hardeband uitgawe van die ARRL handboek en die sagteband RSGB Kommunikasie Handboek is nou beskikbaar van die SA Amateurradio Ontwikkelings Trust se aanlyn boekwinkel. Vir meer besonderhede besoek gerus www.amateurradio.org.za.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 11 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20m bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

3 - 4 Desember – UK/EI DX SSB Kompetisie
4 Desember – SARL Digitale Kompetisie
10 – 11 Desember – ARRL 10m Kompetisie
11 Desember – SARL Jeug Net

Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: Dinsdag 29 November was ‘n histories dag vir die SARL. Na jarelange besprekings met die Onafhanklike Kommunkikasie Owerheid, is ‘n memorandum van verstandhouding onderteken. Hierdie memorandum vervang ‘n baie ou memorandum wat uitgedateer is en reeds verval het.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003